MUSIEK UIT DIE FILM


YOLANDE STRAUSS is 'n ongelooflike talent van Centurion en het 'n hele handvol pragtige melodieë spesiaal nuut geskep vir die produksie se klankbaan nadat sy die storie gelees het. Haar musiek is so absoluut gepas  vir hierdie produksie.

Sy het vyf melodieë vir die film geskryf:

DONKER    LIED VAN DIE TANKWA    OPEN SPACE   SAMANTHA'S SONG    DANS   LYFVERLORE

Wil jy meer weet?:

http://yolandestrauss.co.za/about-yolande-strauss/

https://soundcloud.com/yolande-strauss
https://www.facebook.com/public/Yolande-Strauss

https://www.facebook.com/yolande.strauss.musician/


LIED VAN DIE TANKWA -Yolande Strauss


LIED VAN DIE TANKWA spesiaal geskryf vir DIE PELSLOPER.

Die lied van die Karoo
is nie 'n lied van wanhoop nie
Eerder een van groot beloftes
dalk van reën

En die Tankwa brul sy naggeluide
Vervorm tot die koningryk
waar stil gebede lêplek vind
en die Gode waaksaam luister in die wind...

- Yolande Strauss


LYFVERLORE deur YOLANDé STRAUSS

LYFVERLORE deur YOLANDé STRAUSS is een van die baie mooi musiekstukke wat sy spesiaal vir die film geskryf het. Die musiek is opgeneem en verwerk deur haar en Jandre Spangenberg van die Kaap wat 'n uitmuntende werk vir ons gedoen het.

 


Mail
Call
Map
Instagram